Academic Achievers Europe Tour 2017

2017

Hiermee net ‘n kort briefie om dankie te sê dat ons seun, Andre Scott, van Kroonstad Hoërskool, deel kon wees van die Europese Toer van 28 September 2017 tot 12 Oktober 2017.

 

Na ‘n jaar se beplanning, reëlings en planne maak om alles betaal te kry, het die dag aangebreek dat ons vir Andre na OR Thambo moes neem om tot siens te sê.  Dit was nie ‘n ligtelike besluit om hom op die toer te stuur nie.  ‘n Klomp geld moes betaal word en om ‘n skoolkind saam vreemdelinge op ‘n vliegtuig landuit te sit, was ‘n ander storie.  Ons het baie rondgevra of dit sal goed wees om vir Andre op so ‘n toer te laat gaan, veral omdat hy nog op skool is, is dit veilig, ens, ens?

 

Nou kyk ons terug na dit waarvoor ons vir omtrent ‘n jaar beplan het.  Gelukkig het hy klaar ‘n paspoort  en “Unabridged Birth Certificate” gehad.  Betalings is elke nou en dan gedoen.  Op die nippertjie het ons besluit hy moet op die Italië “Add-On” gaan.  Dokumente moes ingevul word, menige gesertifiseerde fotostate moes gemaak word, briewe vir die skool dat hy op die toer gaan om in sy leêr te hou, afspraak vir visum gemaak, ons uitstappie Pretoria toe met die visumaansoek, klere regkry, “Travel Wallet” by Standard Bank gekry, “memory card” vir sy foon, inpak en wegvat OR Thambo toe!!

 

Met die toer agter die blad het ons ons eie verhaal om te vertel.  Maar, as my brief enige ouer kan oorreed om hul kind ook op so ‘n toer te stuur, dan is ek bly.  Travel en Sport se reëlings en fyn beplanning was ongelooflik goed.  Om net te noem die indeling by verskillende onderwysers, verskillende vliegtuie waarmee die kinders moes vlieg, verskillende oornagplekke, die luukse busse waarmee die kinders vervoer moes word, al die plekke wat hulle besoek het, ens, ens.  Die plekke wat besoek is deur die kinders sou enige toeris graag wou besoek.  Die universiteite wat besoek is, sal nie enige toeris kan beleef nie.  Die verskeidenheid wat vir die kinders aangebied is ten opsigte van lesings, besienswaardigede en aktiwiteite was volgens my goed beplan, want vir feitlik elke belangstelling wat ‘n kind kan hê is voorsiening voor gemaak.  Daar was sekere items wat vir Andre minder interessant was, maar hy het die meerderheid geniet, want om aan almal se behoeftes en belangstellings te voldoen, is nie ‘n maklike taak nie.

 

Verder het Ande nuwe vriende gemaak in ander skole in ander dorpe/stede.  Soos dit vir my lyk sal hy en van die kinders vir lank nog kontak behou.  Hiermee kon hy se persepsie van ander skole en kinders verbreed en was verplig om by hulle aan te pas, want voor ons ons oë uitvee is hy klaar met skool en moet na ‘n universiteit gaan om hom verder te bekwaam.  Dan sal hy by studente met uiteenlopende omstandighede moet aanpas in ‘n omgewing wat minder beskermend is as ‘n skool.  Andre het ook goed met Mnr Dave Rogers, van Maritzburg High, by wie hy ingedeel was oor die weg gekom.  En ek glo Mnr Rogers het hom ook op sy toekoms voorberei en insette in sy afronding om die wye wêrel in te vaar, gelewer.  Al kon die kinders ‘n mens bel terwyl hulle oorsee was, moes hulle ook leer om besluite te neem waar die ouers duisende kilometers weg van hulle was.  Ek is seker met die toer het Travel and Sport ‘n groot aandeel gehad om te help dat Andre sy vlerke kan sprei.

 

Travel en Sport het vir elke ouer wat sy/haar kind op die toer gestuur het deeglik voorberei op wat gedoen moet word en wat nodig was om die kinders in Europa te kry.  As dit nie vir die leiding was nie, is ek seker heelwat kinders sou nie op ‘n vliegtuig kon klim om die ongelooflike ervaring te kon mee maak nie.  Ek dink ook die personeel van Travel and Sport was altyd professioneel in die hantering van navrae, hetsy telefonies of per epos.  (Glo nie dit was altyd maklik nie)

 

Veral vir Lana Versluis, asook al die ander werknemers van Travel and Sport wat deel was van die 2017 Europa toer, wil ek net baie dankie se dat julle aan die stuur van sake was.  Dankie dat julle die kinders van Hoërskool Kroonstad genooi het.  Dankie vir al die vele eposse waarop julle gereageer het, asook telefoniese  raad.  Ek dink julle verdien almal ‘n stewige verhoging!!  – julle het ons kinders landuit geneem en weer veilig terugbesorg.

 

Enige ouer kan my kontak as dit moet. 

 

Hoop ek/ons sal weer eendag sake met julle kan doen om ons kinders te bemagtig op ‘n oorsese toer!

Kroonstad Hoërskool

Retha Scott

Read some more reviews